Die afgelope paar jaar het die oord ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Saam met die ontwikkeling van die Seefront-besigheidsentrum het die verhitte swembaddens, wat in 1989 gebou is, ook ’n beurt gekry. Buiten dat die swembad oorgedoen en dieper gemaak is, is hier ook twee nuwe swemplekke vir kinders gebou. Én die gimnasium se swembad langsaan en het twee swembane bygekry.

Pleks daarvan om die water soos voorheen met hittepompe en geisers te verhit, is groen energie ingespan: Nou doen sonpanele en gasbranders die werk. Met die ouer stelsel was dit ’n gespook om die water se temperatuur teen 30 ºC te hou, maar nou staan dit by 34 ºC, en dit kan selfs hoër as dit moet. (Die verhitte swembad hou 450 000 l water en die swembane van die gimnasium 150 000 l.)

As jy kouer water teen jou lyf verkies, kan jy vir die groot kouewaterswembad in die pretpark mik en jou slag op die nuwe glybane gaan wys.

Kontak

044 601 7200 hartenbos@atkv.org.za; atkvoorde.co.za/Oorde/Hartenbos