Wat is dit?

’n Trekstroom (“rip current”) is ’n sterk, smal oppervlakstroom wat vinnig weg van die kus af vloei. Dit ontstaan as gevolg van water wat van die strand af terugvloei see toe.

Hoe sien ek dit raak?

Hou jou oë oop vir:

  • water in die deel waar die branders breek wat ’n ander kleur het as die water rondom dit;
  • ’n breuk in die branderpatroon;
  • seegras of ander materiaal wat van daar waar die branders breek see-in beweeg; of
  • ’n kol of strook ontstuimige water wat perdjies maak in die brandergebied

Wat as ek dit raaksien?

Hou verby! Moenie swem op plekke waar jy trekstrome raaksien nie – en swem daar waar daar menseredders is.

Watter strande het trekstrome?

Trekstrome kan op enige plek voorkom, maar veral by lang, sanderige strande soos Muizenberg, Strand, Kogelbaai, Wildernis, Port Alfred en St. Lucia.

Het jy geweet?

2 m/s - Party trekstrome kan tot so vinnig beweeg – dis vinniger as wat die meeste van ons kan swem... tensy jou naam Chad le Clos is.

Vir meer inligting:

www.nsri.org.za/drowning-prevention/rip-currents/