Klik net op die skakels hieronder vir al dié inligting; ons gee ook ‘n lys van ’n paar feeste en blomskoue, nuttige nommers en wenke vir wanneer jy blommekyk. 

Weskus: Postberg is oop!

Dié deel van die Weskus- nasionale park is elke jaar net in Augustus en September oop en bekend vir plate wit, geel en oranje gousblomme. Lees hier waar in die park jy kan gaan blomme kyk.

Foto Sanet Stander


Beste blomkykkolle in en rondom Hondeklipbaai, Namakwaland

Attie Hough woon al meer as 25 jaar op Hondeklipbaai en bestuur die Honnehokke-oord.  Verdwaalde blomkykers klop gereeld aan sy deur vir hulp. Hier is sy raad oor waar en hoe om vanjaar blomme in sy kontrei te kyk.


Hier is pragtige blomme te sien op Clanwilliam in die Sederberg-streek 

Sanet Stander bly die afgelope sewe jaar op Clanwilliam. Sy is die mede-eienaar en stigter van die Rooibosteehuis en die Rooibosroete. Hier is haar voorstel vir die beste blomkykplek op haar tuisdorp.


Lesersfoto’s: Nieuwoudtville

Kyk hoe blom dit tans hier!


Calvinia in die Tankwa-Karoo spog vanjaar met plate blomme

Helga van der Merwe, ’n plantkundige by die Suid-Afrikaanse Omgewingswaarnemingsnetwerk (SAEON) het laat weet daar is vanjaar nogal baie plate blomme op en rondom Calvinia te sien. Lees hier waar!


Gewilde blommeskoue

Hou by die dorpe langs die pad stil – Darling, Hopefield en Clanwilliam bied almal in die blommemaande ’n fees of ’n skou aan. Teken solank dié datums van gewilde blommeskoue in jou dagboek aan 

Nuttige nommers 

• Weskus-toerisme: 022 433 8505
• Darling-toerisme: 022 492 3361
• Darling-blomlyn: 072 938 8186
• Clanwilliam-toerisme: 027 482 2024
• Vanrhynsdorp-toerisme: 027 201 3371
• Nieuwoudtville-toerisme: 027 218 1336
• Namakwa- nasionale park: 027 672 1948
• Namakwa-blomlyn: 072 760 6019

Wenke vir blommekyk
  • Stop heel eerste by elke dorp se toerisme-kantoor. Kry die jongste blommenuus en ’n kaart van roetes wat jy kan ry. Of bel hulle vooraf om te hoor na watter blomkol julle kan mik.
  • Kyk vooraf op ’n weerwebblad (soos yr.no) na die weervoorspelling: As die son nie skyn nie, gaan jy nie juis blomme sien nie.
  • Onthou: Blomme draai altyd hulle gesiggies na die son toe. Bekyk hulle dus uit die noorde, met die son agter jou.