Dit is die enigste plek ter wêreld waar dié diere voorkom.

Roz Kidman Cox, die voorsitter van die beoordelaarspaneel, beskryf die foto só: “Dis ’n simboliese herinnering aan hoe mooi die natuur is, en hoeveel armer ons word namate dit verniel word. Die foto is ’n kunswerk wat in enige galery wêreldwyd kan hang.”

Marsel moes geduldig wag om die groep ape se gedrag te verstaan en hulle deur diep klowe volg. Hy wou die foto vanuit dié hoek neem om die aap se unieke pels en blou gesig vas te vang. Vir al sy moeite is hy beloon met ’n mooi agtergrond en die ideale ligtoestande. 

Die foto is ’n kunswerk wat in enige galery wêreldwyd kan hang.

Suid-Afrikaners kan ook spog – ons eie Skye Meaker (16) is die Jong Natuurfotograaf van die Jaar. Hy het hierdie pragfoto van ’n luiperd geneem wat wakker word in die Mashatu-natuurreservaat in Botswana. 

“Lounging leopard”: Skye Meaker, Suid-Afrika/Natuurfotograaf van die Jaar. Algehele wenner 2018: 15-17-jariges.

“Die foto se komposisie en tydsberekening gee ons ’n rare blik op die lewe van ’n dier wat baie afgeneem word maar min kere regtig gesién word,” sê die beoordelaar en voormalige wenner, Alexander Badyaev.

Die twee foto’s het 45 000 ander inskrywings uit 95 lande uitgestof, en word tans uitgestal in die Natural History Museum in Londen, waarna die uitstalling ook internasionaal toer, na onder meer Kanada, Spanje, Australië en Duitsland. 

Jy kan van nou tot 13 Desember 2018 inskryf vir volgende jaar se kompetisie: www.nhm.ac.uk

*Die Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie word ontwikkel en vervaardig deur die Natural History Museum, Londen.

Kyk hier na nog van dié jaar se wenfoto’s – van twee baba-uiltjies in ’n ongewone tuiste, tot ontnugterende fotojoernalistiek. Watter kiekie is jou gunsteling?


“Pipe owls”: Arshdeep Singh, Indië/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Tienjariges en jonger.
“Signature tree”: Alejandro Prieto, Meksiko/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Natuur-fotojoernalis-toekenning (Foto-storie).
“Hellbent”: David Herasimtschuk, VSA/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Gedrag: Reptiele en amfibiese diere.
“The vision”: Jan van der Greef, Nederland/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Swart-wit.
“The sad clown”: Joan de la Malla, Spanje/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Natuurfotojoernalistiek.
“Mother defender”: Javier Aznar González de Rueda, Spanje/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Natuurfotograaf-portefeulje.
“Crossing paths”: Marco Colombo, Italië/ Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Stedelike natuurlewe.
“Night flight”: Michael Patrick O’Neill, VSA/Natuurfotograaf van die Jaar. Wenner: Onderwater.

*Ons publiseer nog puik natuurfoto's van die 2018 Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie in ons Desember-uitgawe. Kry jou tydskrif op 19 November!