Die aanleg vervaardig tans elke drie minute ’n nuwe Isuzu-bakkie en dit neem slegs twee dae vandat ’n werknemer die eerste onderdeel optel totdat ’n voltooide voertuig van die vloer af rol.

Masanori Katayama, president en direkteur van Isuzu-motors in Japan, sê Isuzu bly toegewyd aan Suid-Afrika.

Isuzu het ook sy jongste voertuig, die MU-X, bekend gestel (lees meer oor die MU-X hier).

Die MU-X is geruime tyd al in Australië en Nieu-Seeland beskikbaar, maar General Motors het destyds besluit om dit in Suid-Afrika eerder onder die Chevrolet-vaandel te verkoop as die Trailblazer.

Dit was ’n besluit wat deur kenners in die motorbedryf bevraagteken en deur relatief swak verkoopsyfers beaam is.

Nou word gehoop die MU-X sal beter vaar in Suid-Afrika as die Trailblazer en suksesvol meeding met die Toyota Fortuner, Mitsubishi Pajero Sport en Ford Everest. Die MU-X is op die KB-bakkie gegrond en het dieselfde 3 l-dieselenjin.

Die besturende direkteur van Isuzu-motors in Suid-Afrika, Michael Sacke, sê hoewel die MU-X tans in Thailand vervaardig word, is die plan om hom mettertyd in Suid-Afrika te bou. Isuzu-handelaars sal die eerste besending ná Junie vanjaar ontvang. 


Lees nog nuusbrokkies uit ons April-uitgawe hier.