Isuzu Suid-Afrika het vandag aangekondig hy gaan later vanjaar 'n splinternuwe mededinger vir die gewilde Toyota Fortuner en Ford Everest in die mark stoot!

Die sewesitplek-sportnutsvoertuig, bekend as die MU-X, is vandag by Isuzu se aanleg in Struandale in Port Elizabeth bekendgestel. 

Die aankondiging van die nuwe ryding, Isuzu se eerste passasiersvoertuig sedert die gewilde Frontier in die negentigerjare, val saam met die stigting van Isuzu Suid-Afrika as ’n onafhanklike maatskappy, nadat General Motors verlede jaar uit die land onttrek het.

Die MU-X is op die KB-bakkie gebaseer, en sal dieselfde 3.0 liter-dieselenjin gebruik.   Dit sal in die tweede helfte van die jaar plaaslike te koop wees as 'n 4x4 en 4x2. Die prys en verskeidenheid modelle moet nog bekendgemaak word.

Só lyk Isuzu se Fortuner