Die 1,6 l-petrolweergawe het destyds R3 485 gekos en die 2,0 l diesel ’n stewige R4 295. “Isuzu het oor die jare baie veranderings beleef.
Ons het by die Kempston Road-aanleg begin en ná vyf geslagte het ons na die meer moderne Struandale-aanleg verhuis. Ses geslagte later en Isuzu is steeds een van Suid-Afrika se gunstelingvervaardigers,” sê Johan Vermeulen, Isuzu se vervaardigings-en-produksiebestuurder.
Isuzu-bakkies was van meet af aan innoverend. Hulle het gespog met die eerste tandstang-en-kleinratstuur en onafhanklike voorvering, én het die eerste dubbelkajuit in Suid-Afrika gebou. Meer as 600 000 Isuzu-bakkies is in Suid-Afrika gebou en van die heel eerstes word vandag nog gebruik.
Geluk, Isuzu!
Lees hier nog nuusbrokkies uit ons September-uitgawe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET