Shanti Stewart en Jordan Zeelie, die gidse, is albei ervare atlete wat Suid-Afrika in menseredding en kajakroei verteenwoordig het – jy is beslis in veilige hande.

Toere begin by Atlantic Outlook se basis in die V&A Waterfront. Daarvandaan roei jy kuslangs tot by Groenpunt se vuurtoring en weer terug.

Jy kan dalk dolfyne, pikkewyne, robbe, sonvisse en selfs walvisse sien. Toere word heeldag aangebied, maar mense wat bereid is om ’n bietjie vroeër op te staan kan die Moederstad sien wakker word.

Bespreek jou toer by atlanticoutlook.com.

Waar? Grondvloer van die Grangerbaai-parkade, V&A Waterfront

Wanneer? 7 vm., 9.30 vm. en 12 nm.

Koste: R450 p.p. in die somer; R400 p.p. in die winter