Media24 se premium reishandelsmerk, Weg!/go! en Weg! Ry & Sleep/go! Drive & and Camp, wil jou graag help om weer op die voete te kom.

By Weg!/go! en Weg! Ry & Sleep/go! Drive & and Camp, besef ons die reisbedryf het ’n ernstige knou gekry weens die uitbreking van die nuwe coronavirus. Media24 besef die waarde van hierdie sektor vir die ekonomie en welstand van die land. Dit is waarom ons aan jou die geleentheid wil bied om gratis by ons te adverteer as deel van ons veldtog OopDeureOopHarte.

Wie? Die aanbod is beskikbaar vir alle ondernemings in die reisbedryf (verblyf, padstalle, reiservarings) in Suid-Afrika, sowel as in ons buurlande Namibië, Botswana, Mosambiek, Lesotho en eSwatini.

Hoe werk dit?

1. Onder aan dié artikel is 'n vorm waar jy besonderhede oor jou onderneming kan invul. Jy is welkom om dit in Afrikaans of Engels op te laai. Ons sal die kopie sub en/of vertaal. Ons gaan die volgende besonderhede nodig hê:

  • Naam van jou onderneming
  • Provinsie
  • Stad/Dorp
  • GPS-koördinate (indien moontlik)
  • Beskrywing van die diens (maksimum 100 woorde)
  • Kontakbesonderhede (foonnommer, e-pos, internet-URL)
  • Een of twee foto’s van jou onderneming*
LET WEL
*Dit is maklikste om die vorm in te vul en foto's op te laai op jou rekenaar, alhoewel dit ook op selfone werk. Indien jy dalk tegniese kwessies ervaar, stuur asseblief jou foto's na digitaal@weg.co.za (met jou onderneming se naam). Vul egter asseblief steeds die res van die vorm in met jou besonderhede!

2. Jou onderneming sal blootstelling kry in ’n spesiale afdeling op Weg se webwerf vir minstens drie maande (die aanbod kan verleng word).

3. Media24 sal verkeer na die afdeling dryf deur middel van nuusbriewe en Facebook-inskrywings. Jy kan ook die skakel op jou eie Facebook-blad laai. 

4. Slegs een inskrywing per onderneming word toegelaat. 

Koste? Hierdie is ’n GRATIS veldtog. Daar is geen verskuilde koste nie. Niks. Nul. Zero. Bôggerall. Daar sal ’n dag wees wat ons jou weer oor advertensies nader, maar nou wil ons eers terugploeg in ’n bedryf wat kosbaar is vir ons land en sy mense. Ons hoop jy aanvaar die aanbod.

Vul die vorm hier in. 

Inskrywings vir dié veldtog sluit op 31 Oktober 2020.