Ons het ’n paar weke gelede die lesers Anton en Michelle Campbell-Harris se storie gedeel van hoe die vier jagluiperdmannetjies en ’n jagluiperdwyfie kattemaai. 

Nóg lesers het sedertdien hulle video’s en foto’s van dieselfde groep jagluiperds ingestuur.

Ria van Greunen het dié video in Julie, 2017 afgeneem naby die Mata Mata-ruskamp, waar die vier jagluiperdmannetjies weer eens ’n jagluiperdwyfie pla, waarskynlik in ’n poging om te paar. Dit is die punt in die video waar hulle haar aanval: 

Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen
Foto: Ria van Greunen


Lees die natuurkenner L.D. van Essen se verduideliking van sulke soort gedrag.

“Hulle het haar vier keer aangeval, sy het heeltyd met die boonste deel van haar lyf teruggeveg,” sê Ria. "Dit het gelyk asof sy lelike beserings opgedoen het, met bytmerke op haar rug en ’n wond aan haar been. Die Vier Musketiers het later wegbeweeg, en die jagluiperdwyfie het vir ’n lang ruk op dieselfde plek bly lê. Dit was ’n emosionele toneel – ek was destyds baie bly om later te hoor dat sy weer in Augustus 2017 gesien is en dit blykbaar goed gaan!”

Tiffany Isola en Jemima McGuinness van Kaapstad het onlangs op 29 Junie 2019 ook die groep jagluiperdmannetjies teëgekom. 

“Ons is drie gesinne wat twee weke lank in die Kalahari vakansie gehou het. Dit was ons tweede besoek, en ons het weer eens ’n puik ervaring gehad. Ons het ’n passie vir die rooi duine en oop spasies, dit is ’n sielsplek! Ná ons besoek aan Nossob, terwyl ons by Mata Mata-ruskamp gebly het, het ons die Vier Musketiers tussen die Dertiende en Veertiende Watergat gesien. 

Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness

Hulle het langs ’n river gelê en hulle nie gesteur aan ’n trop springbokke wat naby gewei het nie, tot ons groot teleurstelling! Ons het egter nie besef dat hulle ook ’n trop wildebeeste gewaar het nie. Skielik moes ons gryp vir die kameras toe hulle in ’n groep vir een wildebees mik. 

Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola
Foto: Tiffany Isola

Dié wildebees het egter weer vinnig op sy voete gekom nadat hulle hom aanvanklik platgetrek het, en het selfs die jagluiperds ’n paar keer gestorm. Die Vier Musketiers is uiteindelik uitgeput, en die wildebees het weer by die trop aangesluit.”

Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness
Foto: Jemima McGuinness


Het jy ook die Vier Musketiers gesien, of ander ongewone tonele vasgevang? Vertel ons!

Stuur jou vertellings en reeks foto’s of video’s na digitaal@weg.co.za