Elke kontinent het ’n weskusstreek, maar nét Suid-Afrika het ’n Weskus.

Die Weskus-streek strek van Kaapstad na Namibië, aan die Weskus van Suid-Afrika en sluit die Swartland-, Weskus-skiereiland-, Bergrivier-, Sederberg- en Namakwa-Weskus-streke in. Ry by hierdie plekke aan en beleef die hárt van die Weskus.

GANZEKRAAL-VAKANSIEOORD

Het plek vir 120 mense wat selfsorg-chalets deel. Dit is so 60 km van Kaapstad af en ideaal vir ’n strandtroue en konferensies. Daar is ’n kombuis, onthaalsaal, konferensiesaal en ’n boma.

www.weskustourism.org

022 492 2455; 079 506 1679 

!KHWA TTU

Beleef die gees van die San by Khwa ttu San

’n San- kulturele en opvoedingsentrum – ontmoet die eerste suidelike mense van Suid-Afrika.

www.khwattu.org

022 492 2998 

WESKUS-FOSSIELPARK waar die ongelooflike ontdekkings jou asem sal wegslaan.

Fossiele van die Afrika-beer, sabeltandkat en kortnekkameelperd, wat die Weskus-pleine bewandel het en nou uitgewis is, kan hier gesien word. Leer hoe dit moontlik was en watter ander eksotiese diere vyf miljoen jaar gelede aan die Weskus voorgekom het.

www.fossilpark.org.za

022 766 1606

LEKKER BOKKOMS

Velddrif-bokkoms
Velddrif-bokkoms
Velddrif-bokkoms
Velddrif-bokkoms
So sorteer jy bkkoms
So sorteer jy bkkoms

Ry na VELDDRIF en besoek die SA Visserye Museum, die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Moenie ’n besoek aan Bokkomlaan misloop nie. hier vang drie generasies vissermanne nog harders en droog hulle uit om die unieke plaaslike lekkerny, bokkoms, te maak. Eet middagete by die Vishuis-restaurant, wat voorheen ’n fabriek was waar die harders in groot tenks gesout is.

Rotstekeninge
Rotstekeninge

SEDERBERG EN ROOIBOS

Die Sederberg is een van die rykste argeologiese plekke ter wêreld, en die oorsprong van die moderne mens is hier teen die rotswande geteken. Gaan op ’n donkiekarrit vanaf Heuningvlei, deur die berge en ervaar die rieldans wat die Khoi- en San-mense se herkoms vier. 

www.clanwilliam.info

Dans die riel
Dans die riel dat die stof so staan
Dans die riel

BLY BY DIE PLAASLIKE MENSE EN BELEEF ’N GASVRYE ERVARING BY GOEDVERWACHT

Wanneer jy met die N7 by Piketberg kom, draai op die Velddrifpad af om by Goedverwacth uit te kom. Hier sal jy die geleentheid kry om by plaaslike inwoners aan huis te kuier. Gaan stap deur die gemeenskap en leer van hul geskiedenis, besoek die Morawiese kerk, die meulmuseum, die plaaslike skool en die slawegrafte. 

www.travelbergrivier.co.za/goedverwacht

BELEEF DIE GESKIEDENIS VAN LANDBOU

Die Jan Danckaert-museum op Porterville stal die plaaslike geskiedenis van die dorp en omliggende streek uit en het ’n uitgebreide versameling landbou-implemente. Die museum het ook replikas van die San-rotskuns. Die Graanbedryfmuseum op Moorreesburg beeld die geskiedenis van die graanbedryf sedert die tye van die farao’s in Egipte uit.

Lekker roosterkoek
Kom eet seekos
Kom geniet die kultuur
Kom geniet die kultuur
Kontak

Weskus: www.weskustourism.org

Namakwa-Weskus: www.visitnwc.com

Weskus-skiereiland: www.visitwestcoast.co.za

Sederberg-toerisme: www.cederberg.com

Swartland-toerisme: www.swartlandtourism.co.za

Bergrivier-toerisme: www.travelbergrivier.co.za 

Discover ctwc: www.goto.capetown

 
Doringbaai
Doringbaai