Op die plaas Goedehoop boer die Coetzee-familie met melkbeeste. Nadat hulle ’n lappie grond langs die bestaande plaas bygekoop het, het Adré Coetzee besluit om ’n kampplek in te rig. ’n Honderd jaar oue akkerbos op die nuwe grond was net die plek.

Die Noukrans-boskamp het nie afgebakende staanplekke nie, maar die badkamers is groot genoeg vir tot 10 gesinne. En al is hier nie 220 V-krag nie, is daar gasgeisers wat die water vir die storte verhit. Die ligte werk met sonkrag.

Die kampplek is genoem na ’n loodregte krans en waterval dieper die berg in. Dis 5 uur se stap tot daar, maar die natuurskoon maak elke tree die moeite werd. Verder kan die kinders vir die kalwers gaan melk gee – reël net vooraf met Adré. En as jy lus voel vir varsgebakte plaasbrood en -botter, ’n verskeidenheid tuisgemaakte konfyte of vars plaasmelk, plaas jou bestelling vóór jy opdaag.

Die laaste 12 km tot by die kampplek is ’n redelike grondpad en jy kan ’n gewone woonwa tot daar sleep.

Prys: R70 p.p.p.n. (gratis vir kinders o.6). Afslag is beskikbaar as jy meer as 3 nagte oorbly.

Kontak: 082 562 9658;  noukransboskamp.co.za;  besprekings@noukransboskamp.co.za

Noukrans
Noukrans
Noukrans
Noukrans
Noukrans
Noukrans