September is ’n gróót maand! Nie net vier ons Erfenisdag in hierdie maand nie, maar dis ook Toerismemaand. CapeNature wil graag hê dat jy saam feesvier deur enige van hul reservate in die week van 23 tot 29 September te kom besoek.

Die Wes-Kaap het baie om op trots te wees en verskeie Wêrelderfenisterreine word hier aangetref. Die Kaapse Fynbosryk het die hoogste konsentrasie plantspesies ter wêreld: 9500 spesies kom hier voor, waarvan 70% nêrens anders ter wêreld voorkom nie.

Die CapeNature-oorde stel nooit teleur nie. Die staproetes slaan jou asem weg, en die voëls is iets om te sien. Boonop is hul piekniekterreine en ablusiegeriewe puik!  

Foto: CapeNature
Foto: CapeNature

Hier is ’n paar van Weg se gunstelinge

Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature

Bepalings en voorwaardes

  • Jy word vrygeskeld van die bewaringstarief by enige CapeNature-reservaat wat tussen 23 en 29 September 2019 oop is vir die publiek.
  • Jy moet by die hek vir die gratis dagtoegang aanmeld. Die gratis toegang is nie van toepassing op besprekings wat deur die inbelsentrum of aanlyn gemaak word nie en verblyf is nie hierby ingesluit nie. As jy verblyf bespreek, geld die normale tariewe en toegangsgeld.
  • Die gratis toegang is van toepassing op algemene toegang en die bewaringstarief vir stap, fietsry en piekniekgangers. Die gratis toegang is nié van toepassing op die Walvistaproete of konsessies (boomtoptoere, bouldering, perdry) nie.
  • Jy moet ’n R0-permit by die hek kry vir toegang omdat alle besonderhede soos gewoonlik vasgelê moet word. 
  • Toegang tydens CapeNature-week is beperk tot die gewone reservaat-ure en is net van toepassing by die hek. 
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature
Foto: CapeNature