Wanneer jy die gewoel van die stadslewe aan jou lyf begin voel en smag na ’n stadiger en rustiger pas, is daar min plekke wat meer sielerus kan bied as Negester Klein-Kariba se beveiligde leefstyl-landgoed vir mense ouer as 50. Watter beter beloning is daar ná ’n lewe vol sperdatums en vergaderings om in die bekoorlike Bosveld te kom afskaal en nesskop.

Die Bosveld op sy beste

Negester Klein-Kariba is in die Waterberge naby Bela-Bela geleë en bied argiteksontwerpte kontemporêre styl plaashuise met pragvistas en topklasgeriewe. Dít maak hierdie landgoed een van die mees gesogte vyftigplusser-bestemmings in die Limpopo-provinsie.

By Negester Klein-Kariba kan inwoners en besoekers uitsien na ’n regte-egte Bosveld-ervaring met ’n moderne klubhuis, jukskei- en tennisbane, ’n mini-gholfbaan, sowel as ’n swembad, boma en wandelpaaie op die koop toe. Die leefstyl-landgoed is spesifiek ontwerp om jou te laat ontspan en weer na aan die natuur te laat voel. 

Beskikbaar én bekostigbaar

Voltitel-erwe wissel van 250 m2 tot 728 m2 met pryse wat by ’n bekostigbare R368 325 vir ’n A-erf begin. Jy kan ook uit 17 huisplanne kies, en groottes wissel van ± 104 m2 tot 247 m2. Erfpryse sluit goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste in.

Tans is 235 eiendomme reeds verkoop en 145 huise voltooi. Jy het dus steeds die geleentheid om jou beste jare in ’n prag-omgewing deur te bring. Kontak hulle sommer vandag om hierdie unieke aanbiedinge te kan benut.

Belê in gemoedsrus

As jy nou op soek is na jou eie blyplekkie in die Bosveld, met gemoedsrusgewende tuisversorgingsdienste, 'n sorgsentrum met verswaktesorgeenhede, sal jy by Negester Klein-Kariba gekoester en tuis voel.

Vir eiendomsnavrae, besoek Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of stuur 'n e-pos na info@negester.co.za of skakel hulle by 014 736 2388.