Bespreek nou jou plek op een van ons staptoere in 2020 op die Franse Camino, Portugese Camino of die Inka-staproete in Peru. 

Die Inka
Die Inka gaan jou asem wegslaan

Inka

Wanneer: 29 Maart tot 6 April 2020

Wat: Beleef ’n stukkie van Peru en die kultuur van die locals, en loop die befaamde Inka-roete in die Andes tot by Machu Picchu, een van die Sewe Wonders van die Wêreld.

Die Inka-roete self is kort – sowat 45 km in totaal – en die staptog van 4 dae behels hoogstens 16 km per dag. Onthou egter dis op ’n hoogte van meer as 3 000 meter bo seespieël en dis in die berge. Die reis begin met ’n paar dae in Cusco en die Heilige Vallei sodat jy kan akklimatiseer. 

Weg sê: Hierdie is een vir die emmerskoplys en die roete is skouspelagtig. Machu Picchu is uiteraard ’n groot hoogtepunt, maar jy gaan verskeie ander Inka-terreine langs die pad sien wat ewe indrukwekkend is en wat jy nie met ’n horde toeriste hoef te deel nie.

Beginners is welkom, maar word aangemoedig om bulte te oefen. Jy kan ook nie neusoptrekkerig wees oor jou bad- en stortgeriewe nie.

Hoeveel: R39 295* (p.p. wat deel)

Wat sluit dit in: Vliegkaartjies, alle verblyf en alle vervoer, etes terwyl jy stap. Portiere dra 6 kg van jou baggasie – die res dra jy self. 


Foto: Verskaf
Die Camino sal jou lewe verander.

Franse Camino

Wanneer: 3 tot 12 April 2020

Wat: Die Franse Weg is die gewildste van al die roetes op die Camino de Santiago. Op hierdie toer loop jy die laaste sowat 115 km vanaf Sarria tot by die katedraal in Santiago de Compostela – genoeg sodat jy jou Compostela (jou sertifikaat van voltooiing) kan gaan afhaal.

Die roete is nie te moeilik nie en die afstande per dag nooit te ver nie (kwaaiste dag is 25 km). Beginners is welkom.

Weg sê: Jy gaan verskeie outentieke Spaanse dorpe langs die pad sien, tradisionele Spaanse kos eet en pelgrims van die wêreld oor op hierdie roete ontmoet. Die laaste dag, wanneer jy die “Berg van Vreugde” (dis eintlik maar ’n heuweltjie) na Santiago oorsteek, is ’n groot lekkerte.

Hoeveel: R28 940* (p.p. wat deel)

Wat sluit dit in: Vliegkaartjies, alle verblyf, die vervoer van jou rugsak bedags na die oornagdorpe, agt ontbyte en aandetes, busvervoer (wanneer die groep nie stap nie). 


Foto: Verskaf
Die Portugese Camino loop lang ente langs die see af

Portugese Camino

Wanneer: 22 April tot 3 Mei 2020

Wat: Op hierdie Camino loop die groep die Portugese kusroete vanaf Baiona, in totaal sowat 125 km na die katedraal in Santiago de Compostela. Jy kwalifiseer op hierdie roete ook vir ’n Compostela (’n sertifikaat van voltooiing). Naas die Franse Weg, stap die meeste pelgrims hierdie roete.

Die eerste dag is die moeilikste, dan stap jy 28 km, maar daarna is die afstande rondom 20 km per dag. Dis ’n maklike roete en beginners is welkom.

Weg sê: Hierdie is die mooiste van al die Camino’s en jy gaan lang ente langs die strand stap. Daar is verskeie hoogtepunte, soos die Jules Verne-standbeeld in Vigo en die mooie dorpie Pontevedra. Pak jou swembroek in!  

Hoeveel: R35 400* (p.p. wat deel)

Wat sluit dit in: Vliegkaartjies, alle verblyf, die vervoer van jou rugsak bedags na die oornagdorpe, nege ontbyte en sewe aandetes, busvervoer (wanneer die groep nie stap nie). 


*Pryse is vir vlugte vanaf Johannesburg en is onderhewig aan wisselkoersveranderings. Die toerprys raak duurder namate die vlugte vol raak. 

As jy enige vrae oor enige van die roetes het, e-pos Gerda Engelbrecht by Gerda.Engelbrecht@media24.com. Sy het al drie gestap en kan raad gee. 

Vir ’n volledige reisplan en vir besprekings, stuur e-pos na weg@flightsite.co.za

Foto: Verskaf
Jy kan hier staan in 2020
Foto: Verskaf
'n Ervaring van 'n leeftyd