Hierdie nuwe Instagram-kompetisie word aangebied saam met Paint by Numbers South Africa (@paintbynumbers_za) – gaan loer gerus op paintbynumbersza.co.za om die oulike produkte te sien. Die wenfoto in ons #WegPaint-kompetisie gaan deur @paintbynumbers_za omskep word in een van sy produkte, wat beteken dat jóú foto ’n skildery kan word!

Die prys is 3 van die skilderystelle (van jou eie foto gemaak) ter waarde van net meer as R1000.

HOE OM IN TE SKRYF: 

Stap 1. Laai jou mooiste Suid-Afrikaanse landskapfoto’s op jou Instagramprofiel van 6 vm. Dinsdag 15 September tot 6 nm. Donderdag 17 September. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. 

Stap 2. Merk elke inskrywing met #WegPaint en tag ons Instagramblad @menseselense, asook @paintbynumbers_za.

Stap 3. Volg @paintbynumbers_za op Instagram. 

Stap 4. Lees die onderstaande bepalings asseblief sorgvuldig voor jy inskryf.

BEPALINGS: Die wenfoto gaan omskep word in een van Paints by Numbers South Africa se produkte. Dít word deel van sy katalogus en sal vir kommersiële gewin verkoop word, maar benewens jou prys sal jy nie verder vergoed word vir die gebruik van jou foto nie. (Indien jy nie van hierdie reël hou nie, moet asseblief nie inskryf nie.)

Jy behou egter die kopiereg van jou foto.

Die wenner word gekies deur Paints by Numbers South Africa, bygestaan deur die Weg Instagram-span. Die wenner word Vrydag 18 September 2020 om 3 nm. op Instagram aangekondig. 

ONTHOU: Foto’s moet op jou eie profiel gedeel word. Moet dit nie deel as stories, of as boodskap (DM) vir ons stuur nie. Indien jou profiel privaat is, maak dit vir die duur van die kompetisie openbaar; anders sien ons nie jou inskrywings nie.