Goed om te weet:

Toer hiér sonder ’n visum

Volgens die Henley-paspoortindeks* kan Suid-Afrikaners meer lande as ooit vantevore (99 in totaal) sonder ’n visum besoek. Die Suid-Afrikaanse paspoort is tans 54ste in die wêreld wat “paspoortmag en -mobiliteit” betref. Japan en Singapoer deel die eerste prys. Hulle paspoorthouers kan 189 lande visumvry besoek. ’n Afgaanse paspoorthouer het egter net visumvrye toegang tot 25 lande.

Vir jou kalender:

Kaapstad- internasionale vlieërfees

Geniet die buitelug saam met jou gesin en kyk hoe wapper kleurryke vlieërs in die wind by die Kaapse Geestesgesondheid se jaarlikse "Let Hope Fly"-vlieërfees.

Oktober is geestesgesondheidmaand. Kyk hoe deelnemers uit Bulgarye, Duitsland, Italië, Turkye en die Verenigde Koninryk met hulle skeppings spog. Gratis vlieërwerksessies, lewendige musiek, stalletjies en pretritte sal die kleinspan besig hou.

Waar? The Row-straat, Muizenberg, Kaapstad

Wanneer? 26 en 27 Oktober, vanaf 10 vm.

Koste: R40 p.p.; R15 vir kinders jonger as 12

quicket.co.za of by die hek

Goed om te weet
Goed om te weet

GROOT GETALLE

180 Die wêreldrekord (in uur) vir die langste “vlieërvlug”. Dit was in 2018 deur ’n span van Edmonds Community College in die deelstaat Washington, Amerika.