Jy loop die risiko om weggewys te word as jy nie bespreek nie! 

William Mbasa van die wildtuin sê: “In besige tye probeer ons die volumes bestuur. Ons verprei daarom die voertuie in drie tydsgleuwe om ook lang wagtydperke by die hek te voorkom.” 

Hoe werk dit? 

Dis maklik: Jy bespreek vooraf by Sanparke se aanlynbesprekingskantoor (sanparks.org). Dit kos R40 per volwassene en R20 per kind tot 31 Maart, en R41 per volwassene en R21 per kind vanaf 1 April. (Dit sluit nie jou bewaringstarief in nie – sien kassie onderaan). 

Jy kan vir die volgende tydsgleuwe bespreek:

29 tot 31 Maart 2018

Tydsgleuf 1: 5.30 vm.-7.30 vm.

Tydsgleuf 2: 7.30 vm.-9 vm.

Tydsgleuf 3: Vanaf 9.30 vm

Vanaf 1 April 2018

Tydsgleuf 1: 6 vm.-8 vm.

Tydsgleuf 2: 8 vm.-10 vm.

Tydsgleuf 3: Vanaf 10 vm

Mense met besprekings geniet ten alle tye voorkeur by die hekke. As jy nie in jou gekose tydgleuf opdaag nie, word jy hanteer soos iemand sonder ’n bespreking. 

Jy kan die datum en tyd van jou bespreking ook via die besprekingskantoor aanpas as nodig.  

Hou by die reëls!

Mabasa vra verder dat besoekers die parkreëls bestudeer en toepas.

Dit sluit in: Geen drank word toegelaat nie, moenie rommel strooi nie en hou by die spoedbeperking. 

Jy kan die owerhede help: As jy enige wangedrag in die park sien, kontak 013 735 4064 / 013 735 0197 / 076 801 9679.

Gee die soort, kleur en registrasienommer van die motor, die soort oortreding, asook die plek en tyd van oortreding. As jy enige foto’s van die oortreding het, kan dit ook help.

Weet voor jy waai

- Die koste van voorafbespreking is nie-terugbetaalbaar teen R40 per volwassene en R20 per kind tot 31 Maart, en R41 per volwassene en R21 per kind vanaf 1 April. 

- Jy moet steeds die bewaringstarief betaal voor jy die park mag binnegaan (gratis met ’n geldige Wild Card). Die tarief vir Suid-Afrikaanse burgers is R82 per volwassene en R41 vir kinders tussen 2 en 11 jaar. Internasionale gaste betaal R328 per volwassene en R164 per kind.

- Maak seker jou Wild Card is geldig voordat jy by die park opdaag – doen dit by sanparks.org/wild.

- Alle besoekers (bestuurder en passasiers) moet identifiseerbaar wees deur ’n Suid-Afrikaanse bestuurlisensie, identiteitsdokument of paspoort te wys. 

Vir meer inligting, kontak William Mabasa by 013 735 4364 / 082 807 3919 / William.mabasa@sanparks.org.