Die S61 is propvol nuttige eienskappe – hier is net ’n paar:

  • Dis só ontwerp dat dit maklik is om vas te hou en nie sommer uit jou hand sal gly nie.
  • Die groot 5,2 duim-skerm bied volle HD-beeld en is selfs in direkte sonlig mooi helder. Jy kan die skerm ook maklik gebruik as jy handskoene dra, vir daai kóúe oggende in die kampterrein.
  • Ja, die S61 kan maar nat word (met soutwater ook!) – dis waterdig tot op ’n diepte van 3 meter vir 60 minute lank.
  • Dis stof-, sand- en vibrasiebestand, en jy kan dit van ’n hoogte van 1,8 m op sement laat val sonder dat dit iets sal oorkom… jip, die CAT-ouens het dit getoets!
  • Maak nie saak hóé warm of koud dit is nie – dis S61 kan lag-lag werk in termparature van -25 ºC º tot 55 ºC.
  • Die foon kan afstand tot op 8 m asook oppervlakte meet met behulp van ’n laser – ideaal as jy in die boubedryf werk.
  • Die battery sal heeldag (en selfs langer) hou, sodat jy jou nie daaroor hoef te bekommer dat hy in die middel van die dag gaan pap word nie.

Wat van foto’s?

Natuurlik wil jy jou reise dokumenteer – selfs die tawwe tienies onder ons wil soms ’n selfie neem! Gebruik die 16 MP-kamera (na agter) of 8 MP-kamera (na voor). Die LED-flitslig en outofokusfunksie sorg vir mooi duidelike foto’s van die wildernis om jou. En die kamera werk onderwater ook! 

Hoe groot is die foon?

Afmetigings: 163 (lengte) x 78 (breedte) x 13 mm (dikte)

Gewig: 250 g

Wat nog?

Die CAT S61 slimfoon is beskikbaar op kontrak by voorste selfoonnetwerke – sien Agent Zero se webblad vir die prys. CAT bied ook twee ander taai foonmodelle – die S31 en die S41, vir dié met ’n knapper begroting. Loer op catphones.com vir nog inligting en die volledige lys eienskappe.