In die eerste video sit die baba-sjimpansee Mussa op die vlieënier Anthony Caere se skoot, op pad na ’n primaat-rehabilitasiesentrum in die Kongo. Caere het Mussa gered nadat die sjimpansee se gesin vir hulle vleis doodgemaak is.  

Caere het hierdie foto ná die vlug op Instagram gedeel:

So lyk Mussa nou in sy nuwe tuiste:

Nog video's:

Man én sy papegaai word uit die modder gered

Dié man moes saam met sy papegaai uit die modder getrek word nadat die voël per ongeluk vasgesit het.

Hond word uit rivier getrek 

Kyk hoe word dié hond uit 'n ysige rivier in Northumberland, Engeland getrek.

’n Boggelrugwalvis verstrengel in tou word bevry

Hierdie boggelrugwalvis was verstrengel in tou van sowat 87 meter lank, totdat ’n reddingspan kom help het. 

Sneeuvos van ysberg gered

Dié sneeuvos was vasgevang op ’n ysberg in Labrador, Kanada, toe Mallory Harrigan en Cliff Russell hom gewaar het.