Geoff Tinker van Simonstad was gelukkig genoeg om te sien hoe een tot bý sy kajak swem en rondom hom baljaar. Geoff was op 23 Februarie aan die roei in Valsbaai, naby Windmill-strand in Simonstad, toe hy die otter gewaar waar dit op ’n rots iets eet. Hy het die voorval met sy GoPro-kamera afgeneem:  

Geoff vertel:

“Tot my verbasing het die otter reguit tot by my kajak geswem. Hy het die sitplek besoek, onderdeur die kajak geduik, ’n paar sekondes lank agter my op die kajak geklim, en toe teruggekom na die sitplek vir nog ’n besoek voordat hy weggeswem het. Hy was vriendelik en nuuskierig.

Ons sien soms otters langs die kus, maar kom nooit naby aan hulle nie. Dis iets wat ek nie sommer weer sal ervaar nie!”

Foto: Geoff Tinker
Foto: Geoff Tinker