Kyk hier na vorige jare se snaakse inskrywings vir die Toekennings vir Snaakse Troeteldiere. Dié kompetisie word aangebied deur dieselfde stigters van die gewilde Natuurlewefoto-toekennings vir Snaakse Dieregedrag.

Nando Harmsen
Foto: Connie Fore. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Connie Fore. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Georgie Bain. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.

Nando Harmsen
Foto: Anne Lise Gramstad. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Alice
Foto: Alice van Kempen. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Barb Wentzel. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Nando Harmsen. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Heather Ross. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Nir Natan. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Peggy VanSickle. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.
Nando Harmsen
Foto: Stasys Povilaitis. Toekennings vir Snaakse Troeteldiere.

Vanjaar se Toekennings vir Snaakse Troeteldiere, in samewerking met die maatskappy Mars Petcare, fokus op die positiewe impak van troeteldiere op die daaglikse lewe. Hulle skenk ook fondse wat ingesamel word as deel van die kompetisie om siek, verwaarloosde en verwerpte diere te help. 

Die wenner ontvang £3,000 (ongeveer R70 000 met die huidige wisselkoers!). Die kompetisie is oop vir internasionale inskrywings. Jy kan foto’s (en ook video’s) van enige troeteldier inskryf – kat, hond, perd, en muis inkluis. Lees meer hier.

“Baie van ons bring nou meer tyd deur met ons troeteldiere as ooit tevore! Die kompetisie wil beroeps- en amateurfotograwe aanmoedig om hulle kameras en selfone op te tel en daardie snaakse oomblikke met jou geliefde troeteldier vas te vang,” sê die organiseerders. 

Gaan grawe dus vir daai foto van Pote, en skryf jou kiekie in teen 31 Augustus: www.comedypetphoto.com . Die finaliste word 28 September aangekondig, en die wenner 19 November.