Terwyl Kasane se toerismebedryf tydelik gesluit is vir besigheid, is die Choberivier in volle vloed ná uitstekende somerreën in die opvangsgebiede van die Zambesirivier (Zambië) en Kwandorivier (Angola)*. 

Die gidse by Pangolin Photo Safaris, gebaseer in Kasane, mag tans nie werk nie, maar vind kreatiewe maniere om hulleself besig te hou.  

Guts Swanepoel van Pangolin Photo Safaris het dié video gedeel wat die uitsig van sy huis af wys, asook die bure: ’n trop olifante! 

*Het jy geweet?

Die Kwandorivier word die Linyantirivier vir ’n klein entjie in Namibië, en word dan die Choberivier wat verby Kasane vloei.

Stroomaf van Kasane, by Kazungula, is die samevloeiing met die Zambesirivier. Wanneer die Zambesi in vloed is, dam die samevloeiiing saam wat veroorsaak dat die Chobe terugvloei!


Raadop met idees vir vermaak tydens inperking? Sit gerus tyd opsy en gaan na Pangolin Photo Safaris se YouTube-kanaal.

Guts en ander lede van die span deel elke week uitstekende fotowenke in weeklikse video’s. Dit sluit in alles van oorsigte van nuwe toerusting tot tegnieke om jou video’s te redigeer, en hoe om voëls af te neem. Kyk hier na ’n paar van die video’s: