Kyk hoe steel dié hiëna ’n luislang se maaltyd! 

Video: Jason Joubert

Die gidse Brittany Louw en Jason Joubert het dié video met ons gedeel. Jason het die video in November 2018 geneem by die Sabi Sand- private natuurreservaat (dit is Jason se stem op die video), waar hulle in daardie stadium gewerk het. Brittany vertel: 

“Jason het ’n trop wildehonde dopgehou toe hy skielik die hiëna sien. Tipies teister hiënas wildehonde. Maar die hiëna het sy neus op die grond gehad op soek na iets anders. Een van die ander gidse het ondersoek ingestel en ’n Afrika-rotsluislang gesien, wat om ’n rooibok  gedraai is. 

Die slang het moedig teruggeveg, na die hiëna gepik en die hiëna dopgehou terwyl hy aan die rooibok geklou het. Maar die hiëna het uiteindelik die luislang uitgeput en die prooi gesteel. Dis die eerste keer wat Jason só iets aanskou het in sy 13 jaar as gids! Dis net jammer die luislang het sy prooi verloor ná al daardie harde werk…”  


Dankie aan Jason en Brittany vir die unieke video. Volg hulle op @jaynbrit_in_africa op Instagram vir nog mooi video’s.  

Teken in op WegTV om ons nuutste video's eerste te kyk! 

Wil jy ook video's met ons deel?
Stuur dit na digitaal@weg.co.za