Dié uiters gewilde fotografie-kompetisie lok elke jaar duisende inskrywings. Meer as 45 000 mense van 95 lande het vir vanjaar se kompetisie ingeskryf.

Die algehele wenners word 16 Oktober by die Natural History Museum in Londen aangekondig, en die uitstalling begin op 19 Oktober.

Meer inligting: www.nhm.ac.uk/wpy

Dit sal eers by die Natural History Museum uitgestal word, en daarna in die res van Engeland asook internasionaal, insluitend in Spanje, Duitsland, Amerika, Kanada, Australië en Nieu-Seeland.

Ian Owens, die wetenskap-direkteur by die Natural History Museum, sê: “Ons is beïndruk deur die uitstekende gehalte van vanjaar se inskrywings – dit wys hoeveel talentvolle fotograwe reg oor die wêreld ’n passie vir die natuur deel. Ek sien uit daarna om die wenfoto’s by die uitstalling te sien!”

Kyk hier na van die jaar se topfoto’s, onder meer: ’n groep meerkatte takel ’n slang, twee jong Eurasiese losse speel in die sneeu, en ’n skaars blik op ’n Bengaalse tier. Watter foto is jou gunsteling?

*Die Natuurfotograaf van die Jaar-kompetisie word ontwikkel en vervaardig deur die Natural History Museum, Londen.

Die 2019-kompetisie is van 22 Oktober tot 13 Desember 2018 oop vir inskrywings.


“Tigerland”: Emmanuel Rondeau, Frankryk/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Diere in hulle omgewing.
“Cool cat”: Isak Pretorius, Suid-Afrika /Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Diere-portrette.
“Kitten combat”: Julius Kramer, Duitsland/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Gedrag: Soogdiere.
“School visit”: Adrian Bliss, VK/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding: Stedelike natuurlewe
“Mister Whiskers”: Valter Bernardeschi, Italië /Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Diere-portrette.
“Eye to eye”: Emanuele Biggi, Italië /Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Diere in hulle omgewing.
“Witness”: Emily Garthwaite; VK/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Natuurfotojoernalis-toekenning.
“Looking for love”: Tony Wu , VSA/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Diere-portrette.
“Trailblazer”: Christian Wappl, Oostenryk/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Gedrag: Ongewerweldes
“Life among litter”: Greg Lecoeur, Frankryk/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Natuurfotojoernalis-toekenning.
“Ahead in the game”: Nicholas Dyer, VK/Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding; Gedrag: Soogdiere.
"Delta design": Paul Mckenzie, Ierland/Hong Kong. Natuurfotograaf van die jaar. Eervolle vermelding.


Kyk hier na laasjaar se wenfoto's.