Bull Run 2018

Nagenoeg 150 spanne het etlike duisende kilometers tussen hulle afgelê om by dié Noord-Kaapse dorpie in die stof met hulle rygoed te kom speel. Die reëls om in te skryf is eenvoudig… jou kar moet ouer as ’n 1980-model wees en hy mag nie meer as R25 000 kos nie.

Dan kry jy vir jou ’n klompie spanmaats bymekaar (dis raadsaam om minstens één te kies wat verstaan wat onder ’n motor se enjinkap aangaan), nooi ’n klomp ondersteuners en kom skop jou skoene uit en beleef vir ’n paar dae hierdie byeenkoms wat enig in sy soort is.

Daar was baie stof, meer opwinding en in die oortreffende trap gekuier.

Hier ‘s ’n kort video van die naweek op Vanwyksvlei.