Kyk hier na ’n oulike versameling video’s van geelkuifpikkewyne – in Engels bekend as ‘rockhoppers’. Jy kan sien waarvandaan dié naam kom!

Een pikkewyn gee self "raad" oor wat jy tydens inperking behoort te doen (en wat nie)… 

Die Two Oceans-akwarium het dié video's verskaf

Die pikkewyne is afgeneem by die strand-uitstalling waar hulle woon, en die seewier-uitstalling waar hulle elke oggend swem en oefening kry. 

Hou die akwarium se sosialemediablaaie dop vir hulle nuutste videos – hier’s nog ’n paar!