’n Eekhoring raak kreatief met sy kamera, ’n otter kielie ’n vriend, ’n moedelose beer, en vele meer…

Watter kiekie is jou gunsteling? 

The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Hasan Baglar / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
©Bob Riach/ Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Vicki Jauron / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Eric Fisher/ Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Roie Galitz / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Nicola Beyfus / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Isabelle Marozzo / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
© Eric Keller / Comedy Wildlife Photo Awards 2019
The Comedy Wildlife Photography Awards 2019
©Andre Erlich/ Comedy Wildlife Photo Awards 2019

Jy kan nog tot 30 Junie inskryf vir die jaar se kompetisie: www.comedywildlifephoto.com

Die wenner kry ’n vakansie in Masai Mara in Kenia, asook ’n Olympus OM-D E-M1 Mark II-kamera!

Die Natuurlewefoto-toekennings vir Snaakse Dieregedrag is deur Paul Joynson-Hicks en Tom Sullam begin. Hulle wil deur die gewilde kompetisie natuurbewaring bevorder, én mense laat lag. 

Die kompetisie beklemtoon dié jaar drie maniere hoe mense natuurbewaring by die huis kan beoefen:

Doen jou inkopies op ’n etiese wyse (byvoorbeeld, vermy nie-herwinbare produkte en produkte wat palmolie bevat), gebruik minder water (’n bekende les vir Suid-Afrikaners!) en moedig vriende, familie en plaaslike organisasies aan om hulle deel te doen vir die omgewing.