Moenie by die kamptterein aankom en besef jou flits lê by die huis nie, of halfpad op die staptog  agterkom jy’t die sonroom vergeet nie. 

Laai ons paklysies af vir elke tipe staptog, en hou ons meester-kamppaklys byderhand!


Die laaste staplysie wat jy ooit sal nodig kry...

Kom jy alewig by die staphut aan en besef dan jou koplig en Crocs lê by die huis? Én jy het weer die dekselse muskietweerder vergeet? Wees paraat en laai Weg se meesterpaklys af vir elke soort staproete.

Klik op die staplys se naam en laai die PDF-dokument af! 

DAGSTAP

Selfs al gaan stap jy net vir ’n paar uur, wees voorbereid. Die weer kan draai of die stroompie kon intussen opgedroog het. Sorg dat jy altyd genoeg water en sonroom inpak, en ’n warm ding. 

NAWEEKSTAP + dagstap 

Vir ’n naweekstaptog pak jy die dagstaplys en nog ’n paar goed. ’n Tandeborsel en slaapklere is seker onderhandelbaar, besluit maar self. 


VEELDAGSTAPROETE + dagstap + naweekstap

Vir veeldagroetes soos die Otter of die Fanie Botha pak jy die naweekgoed en meestal meer klere. Maar as jy ’n wildernis-staproete deur die Visriviercanyon of bo-op die Drakensbergse platorand aanpak, moet jy ook ’n matras en tent saamdra. Gewig is deurslaggewend.



Jou meester-kamppaklys

Hier’s hulp vir jou volgende kampnaweek!

Elke ou se kampplek lyk anders, maar hierdie paklys is ’n goeie begin. 

LAAI DIT HIER AF