Daar is 52 kaarte in die pak (plus die gratis een in die November-uitgawe, slegs dié maand). Elke kaart het inligting oor Suid-Afrika se kwesbare voëls. Dit sluit ook ’n paar spesiale voëls in soos die swarttobie en die bloukraanvoël, ons nasionale voël. Kom, speel saam!

Die voëls ding mee met mekaar in die volgende kategorieë:


Verspreiding

Verspreiding
Verspreiding

Hierdie dui aan hoe maklik dit is om die spesifieke voël te sien tydens ’n voël-uitstappie. ’n Rooi verspreidingskaart dra die meeste waarde en ’n groen een die minste.

Lengte

Lengte
Lengte

Die langste voël wen die ronde.

Gewig

Gewig
Gewig

Die swaarste voël wen die ronde.

Bewaringstatus

Bewaringstatus
Bewaringstatus

Hierdie wys hoe bedreig die voël is in Suid-Afrika, met minste kommer (MK) wat die minste tel en krities bedreig (KB) wat die swaarste weeg.

Bevolking

Bevolking
Bevolking

Hoe kleiner die voëls se bevolking, hoe skaarser die voël in Suid-Afrika en hoe swaarder weeg die kaart, met ander woorde die witvlerkvleikuiken waarvan daar minder as 50 voorkom, ‘wen’ die pikkewyn waarvan daar 40 000 is.

Wat maak dié speletjie anders?

tjirpie
Diederikkie-kaart (links) en trofeekaart (regs)

Diederikkie-kaart

Die speletjie het vier diederikkie-kaarte oftewel jokers, wat dinge deurmekaar gooi, soos byvoorbeeld een wat sê jy moet al jou kaarte ruil met die ander speler s’n. (Net toe jy dink jy wen amper... - Red.)

Trofeekaart

Daar is agt van dié kaarte in die pak. Dis spesiale en skaars voëls, soos baardaasvoëls waarvan daar net 200 oor is, of die skugter watertrapper. Jy’s gelukkig as jy een van hulle te siene kry in jou leeftyd. Sodra jy vier trofeekaarte het, wen jy ongeag hoeveel kaarte daar in jou hand is. 

Waar kan ek dit kry?

Kyk op die tydskrifrak in groot winkels of bestel een by winkel.weg.co.za teen R100. 


Dankie aan die voëlkenner Faansie Peacock vir sy illustrasies, asook inligting en speletjie-idees.