Sanparke het gister aangekondig dat die Leeukoproete binne die Tafelberg- nasionale park weer oopmaak. Die volgende regulasies geld:

  • Veldwagters sal by verskeie wegtrekpunte staan om te verseker dat alle Covid-19-regulasies gehoorsaam word.
  • Die aantal stappers kan beperk word soos bepaal deur die hoofveldwagter.
  • Sosiale afstand van minstens 1,5 m moet ten alle tye gehandhaaf word.
  • Jy moet ten alle tye ’n masker dra – jy sal toegang tot die roete geweier word sonder ’n masker.
  • Jy moet jou hande ontsmet voor en nadat jy die leer of kettinggebiede gebruik.
  • Jy mag nie in groepe vergader of piekniek hou nie.