In Op reis met Weg! gesels die Weg-joernalis en -kartograaf François Haasbroek met kollegas, kenners en ander gesoute reisigers oor bestemmings, toerusting, wat agter die skerms gebeur en enigiets anders… solank dit met reis te doen het!

Nuwe episodes van Op reis met Weg! word minstens een keer per maand vrygestel en die episodes sal heelwat langer wees as die voorlesings in Weg Stories (waarvan daar elke twee weke ’n nuwe episode verskyn). 

Daar is reeds vier episodes van Op reis met Weg! beskikbaar. In die eerste twee gesels ons met Toast Coetzer en die 4x4-kenner Gerrie van Eeden oor hoe om ’n Botswana-vakansie aan te pak.

Episode 1 & 2: Botswana in 'n neutedop

In die derde episode sluit ons eerste redakteur Bun Booyens by ons aan om te gesels oor Weg se beginjare, en in die vierde episode probeer die huidige redakteur, Pierre Steyn, en WegRy&Sleep se redakteur, Schalk Jonker, saam met Toast Coetzer vrae beantwoord wat ons gereeld langs die pad kry. 

Episode 3: Waar 'Weg' vandaan kom

Episode 4: Gereelde vrae langs die pad

Skakel dus in as jy moeg is vir daai Chris de Burgh-CD, of geen radiostasies kry op die langpad deur die Karoo nie. En as jy bloot iets soek om na te luister terwyl jy by die huis ontspan… Luister Op reis met Weg! en reis saam met ons! 

Hoe kan ek dit kry? 

Ons sal elke nuwe episode op ons webblad deel, maar die beste manier om na ons podcast te luister, is met ’n podcast-app. 

Op reis met Weg! is beskikbaar op Apple Podcasts, Google Podcasts, Spotify of enige ander app waar jy jou podcasts luister. 

Soek net vir Op reis met Weg! en teken in om seker te maak dat jy nooit ’n episode mis nie. 

Wat kos dit? 

Net soos met Weg Stories en die Engelse weergawe go Stories, hoef jy nie ’n sent hoef te betaal om na Op reis met Weg! te luister nie. 

As jy’n bydrae wil maak, gaan eerder na Itunes en los vir ons ’n gradering en resensie – dit maak dit makliker vir ander mense om die podcast op te spoor. Of (nog beter!) deel dit met jou vriende en familie. 

Lekker luister!