Maak die res van die familie jaloers op jou Kersboom met versierings uit handgeblaasde glas – balletjies, engeltjies en selfs muise. Koop vir Pa ’n handgemaakte leergordel en vir die kleingoed unieke houtspeelgoed.

Hier is ook stalletjies met eet- en drinkgoed en plaaslike kunstenaars maak musiek. Die mark is onderdak, wat beteken dit sal oop wees ongeag die weer. Dis toeganklik vir rolstoele en honde is ook welkom.

Wanneer? 15-17, 22 en 29 Desember (Ja, Kersfees hou langer hier!). Op Saterdae (15, 22, 29 Desember) van 6.30 vm.-1 nm. en op 16 & 17 Desember van 8 vm.-1 nm.

Waar? Plot 45 op die MR551-pad, Shongweni.

Nog inligting shongwenimarket.co.za

Die Shongweni-Kersmark
Die Shongweni-Kersmark