GERRIE MEYER, Roodepoort: Ek en my vrou, Martie, en vriende het Weg se Klassieke Reisplan vir die Kalahari (Weg #157) in April aangepak. Die hele toer was fantasties, en Kalahari Trails (kalahari-trails.co.za) se meerkattoevlugsoord was regtig ’n besonderse plek.

Die meerkatte is vreeslik nuuskierig. Een het my gekies; op my gespring en hom op my skouer tuisgemaak.

Kalahari Trails

Die volgende oggend het vyf meerkatte saam met my na die ablusieblok gegaan en hulle in my handdoek en skoene tuisgemaak terwyl ek stort. Daarna was hulle heeltyd by my terwyl ons ons tente afgeslaan het.

Toe ons wou ry, spring my vriend in die motor, en terwyl ek hom uittel, kry ek ’n love bite as afskeidsgeskenk (gelukkig nie ernstig nie). 


Lees ons klassieke reisplan vir die Kalahari hier.