Ondanks die land se algemene ekonomiese wurggreep het die verkope van nuwe voertuie in Oktober 2017 met 4,6% gestyg teenoor Oktober 2016.

Altesame 51 037 nuwe rygoed is plaaslik verkoop (teenoor 48 782 in Oktober 2016), en 28 229 is na oorsese markte uitgevoer. Uitvoer het met 8,3% gedaal – die departement skryf dit toe aan kwynende beleggersvertroue en ’n ernstige storm wat die Durbanse hawe (foto onder) en Toyota Suid-Afrika se aanleg (ook in Durban) in Oktober laasjaar geruk het.

Bron: NAAMSA


Lees nog nuusbrokkies uit ons Januarie-uitgawe hier.