“Ons het altyd bye in die tuin wat van een blom na ’n ander vlieg. Ek hou gereeld ’n oog op die suurlemoenboom vir moontlike peste en merk toe dat dié by aan die blare peusel?”

Volgens die insekkenner DUNCAN MACFADYEN versamel Afrikabye plantmateriaal om propolis of stopwas te maak – dit word gebruik as ’n soort gom in die nes.

Heuningbye produseer stopwas deur speeksel en byewas te meng met sappe (eksudaat) wat afgeskei word deur plante byvoorbeeld die sap wat afgeskei word waar 'n tak seergekry het. Propolis het glo antibakteriële, antivirale, swamdoder én anti-inflammatories eienskappe.

Dié by versamel moontlik gomagtige materiaal van die suurlemoenblaar af. In gebiede waar natuurlike propolis skaars is, versamel bye die vreemdste materiaal vir dié doel – van verf wat droog raak en teer tot ruitstopverf.

Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. 

Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook