Met digby 370 bestuurders en navigators wat voor meer as 2 000 toeskouers hulle staal gewys het, kan dit met reg geag word as een van die grootste 4x4-pretdae in die land.

Boonop was hier ook 450 baanbeamptes en borge betrokke. Vir kinders was daar oorgenoeg te doen – dinge soos ’n pretpark met ’n mallemeule, knortjorre en ’n treintjie. Een van die dag se groot hoogtepunte was die versnelrenbaan waar enigiemand sy of haar voertuig kon inskryf. Toeskouers kon vrylik tussen al die hindernisbane stap om die pret van nader te beskou.

Daar is in verskillende klasse meegeding – van ’n “extreme”-klas en gesinsklas tot ’n vintage-klas en selfs ’n tweewieltrekklas waar jy sommer met jou ouma se Golfie kon kom rinkink. 

Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag
Battle of the Beasts-4x4-pretdag