Die sluier word eersdaags by die Beijing-motorskou in China gelig, waar Volkswagen sy swaksbewaarde geheim met die wêreld sal deel.

Gerugte doen die ronde dat die nuwe Touareg 25 mm breër en 60 mm langer gaan wees, en vir die eerste keer nóg gaan die Toureg met sewe sitplekke spog.

Hy gaan ’n onderstel met die nuwe Audi Q7, Porsche Cayenne en Lamborghini Urus deel, en een van die modelle gaan moontlik ’n V8-turbodiesel kry.

Dis ’n welkome dog vreemde besluit as ’n mens in ag neem Porsche het al sy diesels laat vaar en talle Europese stede verbied dieselkarre. Die nuwe Touareg sal na verwagting in Bratislava in Slowakye aanmekaargesit word terwyl die onderdele in China vervaardig word.


Lees nog nuusbrokkies uit ons April-uitgawe hier.