In die lig van die probleme by Jurgens Ci waaroor ons verlede maand berig het, is dít goeienuus vir plaaslike slepers, en te oordeel na die kwalifikasiesen ondervinding van Stealth se besturende direkteur, Garry Coady, weet hy duidelik waarvoor hy hom inlaat.

Garry het tot 18 maande gelede sowat 10 jaar lank woonwarompe van veselglas aan een van die grootste boswabouers in die land verskaf. Garry ploeg nou sy kundigheid terug, maar fokus dié slag op die mark vir gewone padwaens.

Die eerste model, die Evolution XR6, is in grootte vergelykbaar met die Sprite Swing. Die binne- en buitekant van die panele het ’n glasvesellaag oor ’n binnekant van polistireenskuim, ’n materiaal wat reeks in Europese en Australiese woonwaens gebruik word.

Buiten die vloer en van die binne-afwerking het die wa geen ander houtdele nie. Omdat die wa se panele dus omtrent heeltemal van veselglas gebou is, word hulle só aan mekaar gelas dat die romp ’n eenheid vorm – iets wat die moontlikheid van waterekke uitskakel.

Die Evolution se koningingrootte eilandbed pas in die neuskant met die koppenent aan die A-raam se kant. Die eethoekie agter in die wa slaan plat tot ’n enkelbed. Die buitekombuis het ’n wasbak, gasstoof en 220 V-kragstelsel. Die ys-vrieskas (158 l) staan binne en werk met 220 V, maar die wa het ook ’n 12 V-omskakelaar vir die waterpomp en LED-ligte.

Suzuki Jimny
Suzuki Jimny

Die Evolution het ’n opwipdak.

In dié stadium gaan die Evolution by vier handelaars beskikbaar wees: Loftus Caravan City in Randurg, Kempton Caravans in Johannesburg, Natal Caravans & Marine in Pinetown en Tygerberg Caravans in die Kaap.

Die syfers: 5,276 (l) x 2,399 (b) x 2,096 m (h); tarragewig ’n geskatte 1 110-1 200 kg; dravermoë 300-400 kg; BVM 1 500 kg; 1 600 kg-as.

Prys: Nog nie vasgestel nie.

Kontak: 031 713 8900;  admin@profibre.co.za