Johan Jansen (18) van Melkbosstrand vertel:

Ons gesin het onlangs deur die suide van Namibië getoer. Op pad na die Tsauchab River Camp het ons op ’n tragiese toneel afgekom. Aangesien ek so lief is vir diere en gesien het hoe getraumatiseer my twee susters Magdaleen (15) en Corlia (12) was, kon ek hom nie so los nie. Ek het stilgehou en ’n tang agter uit die bakkie gaan haal. Toe ek by die bok kom, het ek eers gekyk hoekom hy vassit. Sy twee voorpote het stewig tussen die drie drade vasgesit. 

Ek het dadelik begin drade losknip en ná ongeveer drie minute was die gemsbok los! Die draad het sy twee voorpote ’n bietjie seergemaak, maar daar was geen ernstige beserings nie. Hy het opgestaan en tot my verbasing het hy nie weggehardloop nie. Hy het net daar gestaan en vir my gekyk asof hy probeer dankie sê.


My ma, Cornelia Jansen, het die foto’s geneem. 


* Hierdie artikel het oorspronklik in Weg #152 (Junie 2017) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het – laat weet gerus as jy so iets raaksien.