JENIKA POHL, Louis Trichardt, skryf: 

Ons het in September 2018 in die Kruger se Punda Maria-ruskamp gebly. Dit was baie droog en daar was min water in die veld.

Die personeel het elke dag vars water in die watergat by die ruskamp gepomp; dus was dinge bedrywig daar. Ons was gelukkig genoeg om ’n staanplek reg langs die draad te kry. Dis waar ek dié outjie afgeneem het.

Dit was diékant toe en daaikant toe, en uiteindelik het hy ’n plekkie gekry om te drink. Ja-nee, in die bos moet ’n olifantjie ’n plan kan maak.