Die eerste winkel het omtrent ’n dekade gelede sy deure in Paardeneiland, Kaapstad, geopen. Daarna het ’n tak in Centurion gevolg, en nou het die eienaars ’n derde winkel – in Bellville, ook in Kaapstad – oopgemaak.

Dis omtrent ’n alles-onder-een-dak-buitelewewinkel: Jy kry toerusting vir fietsryers, bergklimmers en woonwaeienaars regdeur tot 4x4-entoesiaste – daar’s selfs leesstof vir hengelaars. Vir kampeerders is hier ’n groot verskeidenheid: van kampstoele en noodhulpkassies tot slaapsakke, tente en ’n waterpas vir die wa se disselboom.

Kontak

021 949 0039 (Bellville), 012 665 2079 (Centurion) of 021 510 8112 (Paardeneiland); campandclimb.co.za