Ons gaan hom eersdaags onder hande kry en deeglik toets, maar hier is wat ons reeds van hom weet: Dit is ’n tweedegeslag-bakkie (die eerste Vigus is in 2014 hier bekend gestel) wat in China gebou en in Afrika, Australië, Asië en Suid-Amerika verkoop word.

Pryse begin by R201 880 vir ’n enkelkajuit en die dubbelkajuitweergawe gaan R282 880 kos, wat hom die goedkoopste dubbelkajuit in Suid-Afrika maak.

En dan is daar ’n viertrekweergawe wat R348 990 kos – wat steeds nie jou beursie te hard straf nie. Die Vigus word aangedryf deur ’n 2,4 l-turbodiesel wat 290 Nm wringkrag uitskop, en ’n 2,4 l-petrolenjin. 


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Maart-uitgawe verskyn hier.