Die aanleg is in Rosslyn in die noorde van Pretoria, en die eerste woonwaens is teen die middel van Oktober gebou.

Woody Loftus, wat Okto se bemarking behartig, sê teen die einde van Desember sal minstens tien waens voltooi wees – die uiteindelike doelwit is 20 per maand.

Ná die prototipe is nog ’n paar veranderinge aangebring. Buiten dat die wa met sy opwipdak afgeslaan in ’n standaardmotorhuis pas, is die verbeterde wa effens smaller sodat hy nóg makliker in die motorhuis kan pas.

Prys R329 500 

Kontak  084 471 9674;  oktocaravans.co.za

Die syfers:
  • Tarragewig 1 180 kg
  • Dravermoë 320 kg
  • BVM 1 500 kg


Lees al die nuusbrokkies wat in ons Desember-uitgawe verskyn hier.