Hulle saai chaos waar hulle ook al gaan: Hulle plunder jou kampplek en steel ’n week se kosvoorraad (ek praat uit ervaring!), hulle beskadig oeste, breek by huise in en intimideer nikvermoedende toeriste. Bygesê, dalk het hulle nie eintlik ’n keuse nie – ons bou immers huise in hulle habitat!

Maar as jy in ’n wildreservaat ry, is ’n trop bobbejane altyd een van die vermaaklikste goed waar jy kan stilhou. Jy kan nie help om te glimlag nie.

Hulle is soos mense – dis amper asof jy in ’n spieël kyk!

Op ’n safari ’n paar jaar gelede het ons toergroep ’n groot trop bobbejane laatmiddag dopgehou. Bobbejane het ’n unieke sosiale struktuur wat ’n oligargie genoem word. Die alfa-mannetjie het al die mag oor ’n reeks laer klasse, waarvan die groepe al groter word – byna soos ’n groot general met ondergeskikte sersante.

Dit was ook interessant om die kleintjies dop te hou. Die heel kleintjies kraai koning terwyl die oueres speel en mekaar boelie – amper soos my twee dogters. En die skreegeluide wat ’n mens hoor wanneer daar met een van die bobbejaantjies geraas word, is heelwat harder as wat nodig is (weer dink ek aan my kinders...).

Maar toe dit donker word en die babas na hulle ma’s toe skarrel, was dit net so bekend: die kleintjies wat hulle ma’s se vertroostende hitte soek en die ma wat sag haar baba vashou om hom te beskerm teen die nag se gevare.