Die kleintjies is mos veral lief daarvoor om náby aan die huis al te vra: “Is ons al daar?” 

Hier’s ’n plan: Skaf ’n paar van Weg se nuwe magneetlegkaartstelle aan. ’n Stel bestaan uit ’n mooi magnetiese bord van een van Suid-Afrika se ikoniese vakansiebestemmings en 10 vrolike magnetiese diere en voëls uit dié streek. Die streke sluit in onder meer Hermanus, die Krugerwildtuin, Drakensberg en Tafelberg.

Die magneetlegkaartstel
Foto: Esma Marnewick
Die magneetlegkaartstel
Die magneetlegkaartstel

Elke kaart het ook allerlei interessante feite oor die diere – van bekendes soos olifante en bobbejane tot minder bekendes soos witkwasmuishonde en maanhaarjakkalse. Het jy geweet meeue kan see- én varswater drink en dat ’n volstruis tot 75 jaar oud kan word? Kinders kan die diere op die bord pas en nuwe dinge leer terwyl julle rustig na Adele op die radio luister. So ja, dís mos nou vakansie!

Elke kaart het ook allerlei interessante feite oor die diere...

Weg het die 10 prettige magneetlegkaartstelle ontwerp in samewerking met Kobus Galloway van Idees vol Vrees-faam.

Koste

Die stelle is beskikbaar teen R50 elk by alle groot winkels. Kyk by die tydskrifrak.