In Op reis met Weg! gesels die Weg-joernalis en -kartograaf François Haasbroek met kollegas, kenners en ander gesoute reisigers oor bestemmings, toerusting, wat agter die skerms gebeur en enigiets anders… solank dit met reis te doen het.

Zimbabwe is oop vir besigheid. In ons nuwe podcast van 'Op Reis Met Weg', gesels François Haasbroek met joernaliste Evan Naudé en Toast Coetzer oor toer in ons buurland anderkant die Limpopo. 

Nuwe episodes van Op reis met Weg! word minstens een keer per maand vrygestel en die episodes sal heelwat langer wees as die voorlesings in Weg Stories (waarvan daar elke twee weke ’n nuwe episode verskyn). 

Daar is reeds vier episodes van Op reis met Weg! beskikbaar. Luister daarna hier.