Met Hi-Tec se Apex-3-in-1-baadjies hoef jy geen ander warm klere in te pak nie.

As jy op ’n buitelug-avontuur gaan, is twee dinge vir jou belangrik: Jy wil nie al jou geld op toerusting uitgee nie, en jy wil plek in die voertuig of tas spaar.

Met Hi-Tec se Apex kry jy “drie” baadjies vir die prys van een, en boonop vir so min as R1999. Jy kan die baadjie op een van drie maniere dra: Jy kan die sagte poolvliesbaadjie, wat as die “voering” van die baadjie gebruik word, as ’n aparte baadjie saans om die kampvuur dra. Die buitedop kan weer as ’n reënbaadjie los gedra word – ook op ’n staproete of op die bergfiets.

En as jy bibber van die koue terwyl jy sterre kyk op Sutherland, rits jy die poolvliesbaadjie vas aan die reënbestande buitebaadjie, vir ’n lekker knus eenheid wat die koue kan weerstaan. 

Bonop het die baadjie elemente wat sigbaarheid verhoog, ’n snit wat sport moontlik maak, ritssluiters in bypassende kleure en ekstra versterking by dele van die baadjie wat baie slytasie verduur. 

Die Apex-3-in-1 is in mans- en vrouebaadjies beskikbaar en sluit talle tegniese eienskappe in. Dit is uitstekende waarde vir geld. 

baadjie
Die baadjie het ’n waterdigtheids- en asemhalingsgradering van 3000 elk
Apex-3
Hi-Tec se Apex-3-in-1-baadjie

Dis waterdig, maar kan asemhaal

Voordat die baadjies gemaak word, word die materiaal na ’n laboratorium gestuur vir hidro-statiese toetsing. Die materiaal word styfgespan onder ’n buis wat met water gevul word. Dan word die materiaal oor 24 uur dopgehou om te kyk hoeveel millimeter water die materiaal kan weerstaan voordat dit nat is. Baadjies vir elke dag se dra moet ’n gradering van tussen 1 500 mm en 3 000 mm hê. 

Die baadjie se vermoë om asem te haal word in gram uitgedruk, en verwys na die hoeveelheid waterdamp per vierkante meter wat binne 24 uur uit die baadjie kan ontsnap. Hoe hoër die syfer, hoe beter haal dit asem. As ’n baadjie, soos die Apex, ’n asemhalingsgradering van 3 000 g het, beteken dit 3000 gram water sal van binne die baadjie na buite ontsnap in ’n 24-uur-tydperk. 

Verwyderbare poolvlies van 240 g

Die 240 g poolvliesstof word geklassifiseer as ’n “midgewig”vliesstof. Dit beteken dit kan diens doen as ’n “buitelaag” in koue weer. Jy kan dit ook met ’n basislaag kombineer vir ekstra hitte.

Die midgewig poolvliesbaadjie van die Apex is netjies gevorm en bied goeie isolasie, maar sal minder beweeglik wees as ’n ligte poolvliestop. Dis perfek vir dag-stappe. 

Apex
Hi-Tec se Apex-3-in-1-baadjie

Stewige nate

Apex
Hi-Tec se Apex-3-in-1-baadjie

’n Baadjie kan ’n waterdigte laag en waterdigte membraan hê, maar steeds nie heeltemal waterdig wees nie. Daarvoor moet die baadjie ook nog stewige nate hê.

Die Apex het sogenaamde gegomde nate, wat beteken die nate word met hitte geseël om te keer dat dit deur die stikwerk inloop. Dit is veral belangrik as jy die baadjie in harde, deurdringende reën gaan dra.

Sit ’n kappie op

Die Apex-3-in-1 sluit ook tegniese eienskappe in, soos ’n verstelbare kappie, ’n sak op die bors wat kan toerits en sakke waarin jy jou hande kan warm maak. 

Kan jy ’n tegniese baadjie, wat vir stap en sport ontwikkel is, ook om die braaivleisivuur dra? Natuurlik! Die Apex-3-in-1 is ook in swart beskikbaar as jy nie in helder kleure gesien wil word nie. 

Die vroue se Apex-3-in-1 het dieselfde eienskappe as die mans se baadjie, maar is in ’n pragtige wynrooi beskikbaar. Jy sal nêrens uit plek uit lyk met daardie baadjie nie. 

Die vroue se Apex-3-in-1
Die vroue se Apex-3-in-1
Dit is in wynrooi beskikbaar
Dit is in wynrooi beskikbaar

Kry dit hier

Vir meer inligting, besoek www.hi-tec.co.za:

Kry die mansbaadjies hier

Kry die vrouebaadjies hier