Sit eerder by ’n watergat in die wildtuin of kyk uit oor die Vallei van Verlatenheid in die Kamdeboo- nasionale park as om na jou rekenaarskerm te staar.

As jy in dié week na Kaappunt in die Tafelberg- nasionale park gaan, bespaar jy R147 per volwassene en R76 per kind – dis wat ’n dagbesoeker sonder ’n Wild Card gewoonlik betaal!

Of laai die kinders in die motor en gaan kyk na die veldblomme in die Weskus- nasionale park se Postbergdeel. Dié deel is elke jaar net in Augustus en September oop vir besoekers. Dis die 13de jaar dat Sanparke parkeweek aanbied. Meer as 77 000 mense het verlede jaar in dié week na een van die parke gegaan.

Hoe werk dit? Dagbesoekers met ’n Suid-Afrikaanse ID kry gratis toegang tot die parke.

Wanneer? Al die parke hier onder bied gratis toegang van 10 tot 14 September. Party van die parke sluit ook die naweek (15 en 16 September) in – ons dui dit hier onder aan.

Let wel Dit sluit nie verblyf of enige van die aktiwiteite in nie.

Nog inligting Kyk by sanparks.org vir die onderskeie parke se hektye.

Watter parke is ingesluit?

Gratis: 10-14 September

  • Addo-olifant- nasionale park
  • Augrabies-waterval- nasionale park
  • Bontebok- nasionale park
  • Tuinroete- nasionale park
  • Karoo- nasionale park*
  • Kgalagadi-oorgrenspark
  • Krugerwildtuin
  • Mapungubwe- nasionale park
  • Marakele- nasionale park
  • Mokala- nasionale park
  • Bergkwagga- nasionale park*
  • Tafelberg- nasionale park (Let wel: Dit sluit nie die Boulders-pikkewynkolonie in nie.)
  • Tankwa-Karoo- nasionale park
  • Weskus- nasionale park
  • Ai-Ais-Richtersveld-oorgrenspark
  • *Dié parke bied ook gratis toegang aan die eerste 100 besoekers op 15 en 16 September.

    Gratis: 15-16 September 

    • Agulhas- nasionale park
  • Kamdeboo- nasionale park
  • Golden Gate-Hoogland- nasionale park 
  • Nóg gratis toegang vir Kapenaars

    Toegang vir dagbesoekers tot die reservate van Kaapse Natuurbewaring in die Wes-Kaap is ook gratis van 17-24 September. Dit sluit nie verblyf in nie.

    Nog inligting capenature.co.za