Annelien Pienaar

Vra maar vir enigeen wat al by een van Platteland se gewilde werksessies was: Hier leer jy ’n nuwe vaardigheid aan, leer gawe mense ken, kuier ’n hond uit ’n bos en gaan laatmiddag huis toe met ’n berg kennis, jou eie handewerk én ’n sak vol presente. Spring gou en bespreek nou!

BROODBAK 

Die bekende boervrou en blogger Annelien Pienaar gesels oor die voordele van goeie steengemaalde meel en regte suurdeegbrood.

Dan leer sy jou hoe om jou eie suurdeegplantjie te maak én om wit-, volkoring- en ciabattabrood te bak. 

Werksessie een

Waar? Van Gaalen Kaasmakerij in Skeerpoort; Hartbeespoort

Wanneer? Saterdag 7 Julie 2018

Werksessie twee

Waar? D’Aria in Durbanville; Kaapstad

Wanneer? Saterdag 21 Julie 2018 


Kaasmaak

Annelien bied ook ons kaaskursus aan. Jy leer feta- en mozzarellakaas maak, en boonop gee A3 Technologies vir elke leser ’n geskenkpak van meer as R800 waarmee jy by die huis verder kan eksperimenteer.

Werksessie een

Waar? D’Aria in Durbanville; Kaapstad

Wanneer? Vrydag 20 Julie 2018

Werksessie twee

Waar? Van Gaalen Kaasmakerij in Skeerpoort; Hartbeespoort 

Wanneer? Saterdag 11 Augustus 2018 


PEKEL EN PIEKEL

Laat Marcelle Botha van die Demo-Den-kookskool in Bloemfontein jou wys hoe om heerlike delikos te maak. Eers wys sy hoe om pastrami en biltong te maak, en dan hoe om groente soos artisjokke – sommer uit ’n blik! – te piekel.

Daarna word ’n swart rogbrood (pumpernickel-styl) gemeng, geknie en gebak.

Waar? Demo-Den-kookskool; Bloemfontein 

Wanneer? Saterdag 15 September 2018


WAT JY MOET WEET 

Prys: R1700 p.p.

Dit sluit in die werksessie, resepteboekie, al die bestanddele, koffie, tee en fyngebak met registrasie, middagete met ’n glas wyn of sap. Wat vat jy huis toe? ’n Keur* van die produkte wat jy by die kursus maak en ’n geskenksak met meer as R1000 se presente. 

Wat moet jy saambring? ’n Koelhouer vir die produkte wat jy huis toe neem.

*Broodbakkers vat al die brood wat hulle bak, saam huis toe. Die kaasmakers kry ’n bakkie fetakaas en ’n bolletjie of twee vars mozzarella, terwyl die pekel-en-piekelkursusgangers ’n pakkie met 50g biltong en 70-80g pastrami kry wat Marcelle vooraf maak. Elkeen neem ook ’n klein swart rogbrood en kies een flessie piekels.

Bespreek nou!

Stuur e-pos na Donvé Myburgh by donve.myburgh@media24.com of bel haar by 021 443 9830. 

Onthou, ons het plek vir net 28 mense elk in die Kaap en Hartebeespoort, en 24 in Bloemfontein.

Die eerste lesers wat bespreek én betaal, kan saam leer en kuier.